Die Merc opi plaas !!
Gradering: 3.79
Jannie en sy maatjie, Bienkie, (albei 6 jaar oud) speel op die plaas in die Kalahari. Toe hulle naby die grensdraad kom, sien hulle 'n groot Merc stop 'n ent weg aan die ander kant van die grensdraad onder 'n groot boom.
Jannie en Bienkie hou die Merc dop, maar niemand klim uit nie. Na tien minute se Jannie vir Bienkie: "Ek het nog nooit 'n Merc gesien nie" "Kom ons sluip nader en gaan kyk hoe dit lyk."
Versigtig klim hulle deur die grensdraad en sluip nader. Toe hulle naby kom, sien hulle dat hulle te klein is om by die venster in te loer.
Jannie se vir Bienkie : "Buk af dan staan ek op jou rug, dan sal ek mooi kan sien wat binne aangaan."
Bienkie stem in, buk af en Jannie klim op haar rug. Toe hy binne-in kyk, rek sy oe groot en hy spring af.
Bienkie vra hom : "Wat is dit nou ?"
Jannie sê vir haar : "Ja wragtag,dis NES my pa gese het, Kaalgat, maar 'n Merc moet hulle ry !!!"