african directory global
    
 



Lang grappe

Allerlei

Dit kan erger wees

Gradering: 3.53

'n Pa loop verby sy seun se kamer en tot sy stomme verbasing sien hy die bed is netjies opgemaak en die kamer is aan die kant.

Toe sien hy 'n koevert op die kussing.

Dis gerig aan "Pa".
Met beklemming om sy hart tel hy dit op, skeur dit oop en lees die briefie :
"Liewe Pa, dis met groot spyt en verdriet dat ek vir jou skryf.
Ek moes wegloop saam met my nuwe meisie omdat ek nie met jou en Ma wou rusie maak nie.
"Ek en Santie het ware passie ontdek. Sy is so oulik.
Ek weet julle keur haar nie goed nie, omdat daar so baie ringe deur haar lippe, neus en ander plekke is,
En sy vyf jaar ouer as ek is.
Maar is nie net passie nie, Pa. Sy is swanger.
"Santie sê ons sal baie gelukkig wees.
Sy het 'n woonwa wat iewers in 'n bos staan en daar is 'n hele hoop vuurmaakhout vir die winter.

Ons wil sommer nog baie kinders hê.
Santie het my ook geleer dat dagga nie net sleg is nie.
Ons gaan sommer self 'n bietjie daarvan in die bos kweek en dit aan die ander
Mense in die kommune verkoop.
Dan kan ons met daardie geld ander, duurder drugs soos COKE koop.

"Intussen hoop en bid ons dat die wetenskap 'n kuur vir VIGS vind sodat
Santie gesond raak. Sy verdien dit !!!!!!!!
Moenie bekommerd wees nie, Pa.
Ek is darem al Vyftien en kan na myself kyk.
Ontspan, en geniet die kleinkinders wat nog kom.
"Met liefde
"Jou seun

"Johan

NS  !!!       Pa, niks hiervan is waar nie!!!! Ek is by Jannie.
Ek wou Pa maar net daaraan herinner daar is baie erger dinge in die lewe
As 'n swak rapport.
Bel wanneer dit veilig is om huis toe te kom !!!!!"

Gemerk met: Kinders, Skool
 
Verwante Grappies
Bad jy?
Matriek eksamen vraag & antwoord
Koei se kind!
Sondagskool
Moderne Onderwys




 Vorige  

1 2 3 4 5
:: Grapgat Gunstelinge




Aangedryf deur Woes.co.za

Mabooki.com | Woes.co.za | Soek-Afrikaans.co.za | Dial-Direct cheap car insurance South Africa | Fotoverhaal.co.za | 1-life-direct-insurance.co.za
eXTReMe Tracker