african directory global
    
 



Kort grappies

Allerlei

Oortreffende Trap Van Dom

Gradering: 3.36

Die premiers van die Noordkaap en die Vrystaat ontmoet om gemeenskaplike projekte te bespreek. "Almal lag altyd vir ons, en sê ons is dom," kla die premier van die Vrystaat. "Wil julle ons nie 'n guns doen en ook iets dom aanvang nie, net sodat ons vir 'n slag ook vir iemand kan lag?" Die premier van die Noordkaap voel dis eintlik regverdig, en belowe om terug te gaan en so 'n projek te vind. Hy is ook 'n man van sy woord, en binne twee maande staan daar 'n provinsiale brug in die middel van die Kalahari woestyn.

'n Jaar later ontmoet die twee premiers weer. "Dit was 'n vreeslike lekker grap," sê die premier van die Vrystaat. "Maar die mense lag nie meer daarvoor nie. Dalk is dit tyd dat julle die brug afbreek?" "Ons wou al," antwoord die premier van die Noordkaap. "Maar toe ons by die brug kom sit daar ses Vrystaters en visvang."


Gemerk met: Dom, Eg Suid Afrikaans, Politiek, Regering
 
Verwante Grappies
Tennis
'n Koppie koffie
Hare was
Op Vakansie
Skietbaan toe!




 Vorige Volgende 

1 2 3 4 5
:: Grapgat Gunstelinge




Aangedryf deur Woes.co.za

Mabooki.com | Woes.co.za | Soek-Afrikaans.co.za | Dial-Direct cheap car insurance South Africa | Fotoverhaal.co.za | 1-life-direct-insurance.co.za
eXTReMe Tracker