african directory global
    
 



Kort grappies

Allerlei

Bybelverkope

Gradering: 4.06

Die Bybelgenootskap se winkel het 'n bordjie buite wat lees: "Man/vrou gesoek vir deur-tot-deur verkoop van Bybels". 'n Man stap binne en sê, "E-e-e-k s-s-s-s-s-ou g-g-g-g-raag w-w-ou-ou aa-aa-nsoek d-d-d-oen." Die vrou agter die toonbank is nogal verbaas. "Dink u dat u 'n goeie verkoopsman sou wees, met u spraakgebrek?" "J-j-j-a," antwoord die man. "G-g-g-ee my 'n k-k-k-kans." Alles goed, in 'n Christelike gees besluit die vrou dat die arme man sekerlik 'n kans verdien, en hy is daar weg met 'n boks Bybels onder die arm.

Drie ure later is die man terug, sy boks leeg. "Hoe op aarde het u dit reggekry?" wil die vrou van die Bybelgenootskap weet. "Ons beste verkoopsman verkoop nie soveel in 'n week nie!" "M-m-m-m-aklik," sê die stotteraar. "E-e-e-k k-k-klop, hu-hu-hulle ma-ma-maak oop, e-e-e-e-n ek v-v-v-vra: w-w-w-w-il u 'n B-b-b-b-ybel k-k-k-k-k-k-koop, o-o-o-o-o-f s-s-s-s-s-al e-e-e-e-e-e-k v-v-v-v-v-v-v-voorl-l-l-l-lees?"


Gemerk met: Kerk, Slim, Werk
 
Verwante Grappies
Parkinson's & Alzheimer's
Hoe maak jy 'n man?
Soek hom!
Sondagskool
Slaweskip




 Vorige Volgende 

1 2 3 4 5
:: Grapgat Gunstelinge




Aangedryf deur Woes.co.za

Mabooki.com | Woes.co.za | Soek-Afrikaans.co.za | Dial-Direct cheap car insurance South Africa | Fotoverhaal.co.za | 1-life-direct-insurance.co.za
eXTReMe Tracker