african directory global
    
 



Lang grappe

Mike & Kallie

'n Vreemdeling in die nag

Gradering: 3.04

Kallie lê een aand rustig en slaap toe 'n geklop aan die voordeur hom wakker maak. Hy rol om en kyk na sy wekker: dis half-vier die oggend. Se moer, dink hy, en slaap verder. 'n Minuut later begin die geklop weer, hierdie keer harder. "Gaan jy nou oopmaak of nie?" wil sy vrou weet. "As dit so aangaan kry niemand vanaand slaap nie." Dus sleep hy homself maar uit die bed uit, af met die trappe, en maak die deur oop. In die donkerte staan 'n vreemdeling. "Hello daar!" sê die vreemdeling. "Kan jy kom help stoot?" "Nee, dis half-vier, ek was aan die slaap. Gaan weg!" brom Kallie en slaan die deur toe. Terug in die bed wil sy vrou weet wat gebeur het. "Kallie, jy's 'n vark," sê sy na hy haar vertel het. "Onthou jy daai keer toe ons kar in die middel van die nag in die reën gaan staan het, en jy by vreemdelinge vir hulp moes gaan aanklop? Daai ou omie en sy seun het ons met liefde gehelp. Wat sou gebeur het as hulle jou weggejaag het?" Kallie se gewete pla hom nou, so hy staan maar weet op, trek sy kamerjas en pantoffels aan, en stap af ondertoe. Hy maak die voordeur oop, en skree: "Haai, moet ek nog help stoot?" In die verte antwoord 'n stem: "Ja, asseblief!" Kallie kan die vreemdeling nog steeds nie sien nie. "Waar is jy?" "Hier na regs, op die swaai!"

 


 Vorige Volgende 

1 2 3 4 5
:: Grapgat Gunstelinge




Aangedryf deur Woes.co.za

Mabooki.com | Woes.co.za | Soek-Afrikaans.co.za | Dial-Direct cheap car insurance South Africa | Fotoverhaal.co.za | 1-life-direct-insurance.co.za
eXTReMe Tracker