Lang grappeVan der MerweKlein PietieGradering: 3.49Klein Pietie slaan in die kombuis uit en tune sy ma hy wil praat oor geskenke. "Ma," se hy. "Ek soek 'n fiets vir Krismis." Maar Pietie is eintlik bitter stout en maak altyd moeilikheid by die skool en met sy gesin. Sy ma reken hy moet eers dink aan sy optrede deur die jaar. Dan moet hy vir Liewe Jesus 'n briefie skryf en verduidelik hoekom hy 'n fiets moet kry. Hoogs befoeterd, gaan Pietie na sy kamer toe. Brief 1 Liewe Jesus, Ek was baie soet hierdie jaar. Kan ek asb 'n fiets kry vir Krismis? 'n Rooie. Pietie Na hy bietjie gedink het weet Pietie hierdie storie gaan nie werk nie. Hy was regtig onmoontlik stout deur die jaar. Brief 2 Liewe Jesus, Ek was redelik soet hierdie jaar en sal hou van 'n rooi fiets vir Krismis. Soet Pietie Weer weet Pietie hy vat 'n kans. Hy skeur die briefie op en begin oor. Brief 3 Liewe Jesus, Ek was 'n paar keer soet en dit sal nice wees as jy maybe vir my 'n fiets kan gee vir Krismis. Pietie Amper dadelik weet Pietie dit gaan nie werk nie. Nou's hy eers kwaad. Hy's uit kombuis toe en vra sy ma of hy gou kerk toe kan gaan. Sy dink: Mooi, die plan het gewerk. hy dink nou anders oor die saak. "Wees net betyds vir ete," roep sy agterna. By die kerk gekom stap Pietie na die altaar toe. Hy kyk rond , sien niemand, en steel die Maria beeldjie. By die huis gekom gaan sit hy in sy kamer en trek weer die skryfblok nader. Nou's hy reg vir die brief. Brief 4 EK HET JOU MA. AS JY HAAR WEER WIL SIEN, STUUR 'N FIETS - 'N ROOIE. GETEKEN - JY WEET WIE.
|
|
||||||||
|
Vorige